Agri-Uur 20 Oktober Johan Malherbe

--:--
Goeie reën wag in November vir die land

Die seisoenale voorspelling vir reën in somergraan-produksiegebiede in die land sien goed daarna uit. Johan Malherbe , senior navorser by die Landbou Navorsingsraad (LNR), sê dit is weens die La Niña-verskynsel wat in die Stille Oseaan ontwikkel. Malherbe wat ook nou saamwerk met die landbouversekeringsmaatskappy, Agri Seker, sê in die onmiddelike toekoms is die vooruitsigte vir reën egter minder gunstig, maar die situasie kan in November verbeter. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
20 Oct 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Opleiding in landelike veiligheid aangebied

Landelike gebiede word veral geteiken wanneer dit by misdaad kom. Produsente moet paraat wees en voordurend by bly met die nuutste teenvoeters vir gevaar. Johan Gunster gesels met Pieter Kemp, ondervoorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, wat onlangs opleiding by Waaikraal, Bloemfontein aangebied het, asook Landi Wilson, een van…
24 Apr 11PM 7 min

Wees seker jy eet wel Karoolam

Hoewel die gesogte Geografiese Indikator (GI)-status aan Karoolam toegeken is, is produsente bekommerd oor produkte wat onder die Karoolam-handelsnaam verkoop word, maar nie aan die Karoolam GI vereistes voldoen nie.
24 Apr 11PM 7 min

Dr. Johnny van der Merwe - vleispryse

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en tendense en vergelyk die rand/dollar wisselkoers en die jongste oliepryse.
23 Apr 11PM 3 min