Agri-Uur 15 Oktober Herkie

--:--
#BrendinHorner Moenie in 'lokval' trap met verdagtes se verskyning
'n Boer van die Oos-Vrystaat, wat instrumenteel was tydens die vergadering met polisieminister, Bheki Cele, distaniseer hom van 'n moontlike plofbare situasie wat kan ontstaan tydens die hofverskyning van die Brendin Horner- moordverdagtes, eerkomende Vrydag. Herkie Viljoen, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee in Bethlehem, sê hy fokus eerder op die vordering wat gemaak is in terme van die Cele-vergadering. Dié vergadering het hoofsaaklik gehandel oor die situasie rondom veediefstal in dié distrik, wat Paul Roux, Bethlehem, Fouriesburg, Claris en Kestel insluit. Hy sê tydens dié vergadering eergister in Paul Roux is 'n aangepaste verslag, wat verlede Dinsdag in Senekal met die Horner-verdagtes se eerste hofverskyning bekendgemaak is, deur georganiseerde landbou aan Cele oorhandig. Cele het onderneem om oor minder as drie weke 'n taakspan beskikbaar te stel om veediefstal in dié distrik te ondersoek. Viljoen sê dit kom nadat boere in dié distrik 'n verlies van sowat R1,1 miljoen per maand, weens veediefstal, lei. Dit is op die vergadering aan Cele voorgelê dat die plaaslike polisie nie hul samewerking gee in verband met veediefstalklagtes nie. Viljoen sê hy wil hom nie uitspreek oor die verwagte storm wat kan losbars wanneer die Horner-moordverdagtes weer in die hof verskyn nie. Verskeie belanggroepe en politieke partye soos die EFF wil opruk na dié hofverrigting. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Viljoen gepraat...
15 Oct 2020 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Platteland hoop: Senekal-Matwabeng Community Forum

Hoe trek ‘n mens ‘n gebroke gemeenskap bymekaar? In aanloop tot ons inspirerende Sentraal SA storie reeks van sprekers wat by die onlangse Landbou Weekblad en Senwes Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres opgetree het, begin ons op hierdie Paasvrydag met die storie van pastoor John Mathuhle. Vier jaar gelede…
29 Mar 2AM 3 min

OVK Wolveiling nuus

OVK se Juan Venter deel die uitkoms van die die 27ste wolveiling van die verkoopseisoen…
29 Mar 2AM 1 min

Vrystaat Landbou Paaswense

Vrystaat Landbou hoof uitvoerende beampte, Gernie Botha, deel die organisasie se Paaswense…
29 Mar 2AM 2 min

Agri Noord-Kaap Paaswense

Agri Noord-Kaap Hoof Uitvoerende Bestuurder, Dirk Krapohl, deel die organisasie se Paaswense.
29 Mar 2AM 1 min