Agri-Uur: 22 September, Gerhard Kriel
--:--
Die organisasie, Vriende van Landbou, het onlangs ‘n besonderse toep van stapel gestuur. Die toep, genaamd Posduif, is ‘n GPS-opsporingsplatform wat individuele in staat stel om hul familie- en gemeenskapslede tydens spesifieke geleenthede en situasies op te spoor. Gerhard Kriel van dié landbou organisasie sê die toep stel mense in staat om in noodsituasies soos brande en plaasaanvalle te sien waarheen presies hulle moet gaan om hulp te verleen. Kriel het met OFM-nuus gesels oor die toep…