Agri-Uur 11 September Roelie van Reenen

Loading player...
Beefmaster Groep: Beesvleisbedryf het staande gebly tydens streng inperkingstydperk

Die beesvleisbedryf het uitstekend gevaar en staande gebly tydens die strenger staat van inperking weens die Covid-19-pandemie. Dit is volgens Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van die Beefmaster Groep, wat meen regulasies is tydens die inperkingstydperk in die Staatskoerant gepubliseer en die bedryf moes dit vinnig interpreteer al was daar grysgebiede. Interpretasies moes gemaak word oor hoe die bedryf steeds kan voortgaan met produksie, veilig wees en so min as moontlik mense in die proses negatief raak, om die ekonomie van die beesvleisbedryf aan die gang te hou. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Reenen gepraat...
10 Sep 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min