Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Kia Picanto Runner

--:--
Hierdie week kom kuier ‘Jane Fonda’ by Wiele2Wiele met die nuwe Kia Picanto Runner. Dan gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se opgekikkerde C-HR en gaan grawe in die argiewe saam met Ford SA vir Vrouemaand – Jeanette het in 1999 met ʼn Ford Mustang ‘n landspoedrekord vir vroue opgestel. Hulle gee raad oor batterye en gesels oor Honda se sessilinder CBX 1000-motorfiets.
25 Aug 2020 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel

Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste…
25 Apr 26 min

Wiele2Wiele: Ford se nuwe Puma onder die loep

Hierdie week in Wiele2Wiele word daar gesels oor Ford wat sy nuwe Puma bekendgestel het. Hulle gaan ry ook met die Land Rover Defender 110 2.0L PHEV en met die Volvo XC60 T8 Recharge. Die kollig skyn dan op die Suider-Afrika deelnemers vir die 2024 Dakar-ren. Clinton Pienaar en sy…
7 Dec 2023 27 min

Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse.
18 Apr 24 min

Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend

Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees.
11 Apr 25 min

Wiele2Wiele ry met mu-X

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit.
4 Apr 25 min