Luister: Wiele2Wiele gesels oor BMW, Toyota se Corolla en Brad Binder

Loading player...
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor BMW se M340i X-drive – die enigste sessilinder in die BMW 3-reeks en gaan ry ook met die vars en moderne nuwe Toyota Corolla Sedan. Hulle glimlag oor tweeslag-enjins wat op pad terug is en staan breëbors trots oor die Suid-Afrikaner Brad Binder wat geskiedenis gemaak het nadat hy die MotoGP-ren met sy KTM-motorfiets gewen het.
11 Aug 2020 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Monster Jeep onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van ’n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld Supermotorfiets-kampioenskap…
17 Sep 25 min

Wiele2Wiele: Tata stel sy Osprey bekend

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Tata sy nuwe Osprey bekend, hulle bring tyd met Toyota se RAV4 GR-Sport model deur en die #SaferCarsforAfrica Global NCAP-botstoetsresultate word bekendgemaak. Hulle gesels ook oor die internasionale EICMA-motorfietsskou wat in November plaasvind.
14 Sep 24 min

Wiele2Wiele ry Changan Deepal S07

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan hulle vir ’n toetsrit met die Changan Deepal S07 en op ’n visvang-avontuur met die Kia Tasman-bakkie.
30 Aug 26 min

Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Duster

Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met ’n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én ’n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met ’n anime-tema. Vir die…
21 Aug 26 min