#Vrouemaand : 'n Merkwaardige boer skud nie die Kalahari-sand af van haar voete

--:--
Suid-Afrika herdenk in Augustus vrouemaand as 'n huldeblyk aan duisende vroue, wat op 9 Augustus 1956 aan 'n optog na die Uniegebou in Pretoria deelgeneem het, in protes teen die uitbreiding van paswette aan vroue. Dié historiese optog was 'n keerpunt met betrekking tot die rol van vroue in die stryd om vryheid in die samelewing, Sedertdien het vroue uit alle samestellings gelyke vennote geword in die stryd om 'n nie-rassige en nie-seksistiese Suid-Afrika te vorm. OFM se Agri-Uur fokus daarom vandeesmaand op vroue in die landboubedryf, wat hul staal wys en nie skroom om geleenthede aan te gryp nie. Hester Maasdorp is een van daardie merkwaardige vrouem wat uitstaan. Sy swaai die seper op haar en haar man, Deon, se plaas Zuurwater by Aggeneys in die Noord-Kaap, en is 'n heeltydse boer in volle reg. Hester en Deon het albei 'n agtergrond in boerdery, maar die lus en behoefte om self te boer het eers later in hul lewens posgevat. Hester het aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller vertel hoe hulle skaap-, boerbok- en beesboerdery van 'n klein begin tot 'n veeboerdery van formaat gegroei het. Sy vertel ook hoe sy te midde van uitdagings en veral die stewige greep van die droogte steeds staande bly.
9 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Meer privaatondersoekers vir veediefstal opgelei

Isabel Kruger, veediefstal veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, meen dat die groot behoefte op grondvlak daarop dui dat kommersiële boere geweldig geteiken word deur kriminele groeperinge en sindikate wat vee steel.
18 Apr 10AM 2 min

Regulasies en Vooruitskatting

Gewasse, vee, vrugte en neute, asook infrastruktuur was die afgelope week in die kwartaaloorsig deur OFM Agri se Robyn Schutte en landbousakekamer se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, bespreek. In die laaste episode van die reeks bespreek hulle regeringsregulasies, en Wandile verskaf ook ‘n blik op wat die landbousektor moontlik in die…
18 Apr 11PM 3 min

‘Gestaakte leeuteling kan einde van spesie beteken’

Kommer bestaan dat gestaakte leeuteling die einde van die spesie kan beteken. Die South African Predator Association se Hannes Wessels glo die onlangse aankondiging van die departement omgewingsake om leeuteling vir jagdoeleindes op te skort, is kortsigtig.
17 Apr 11PM 3 min