Agri-Uur 7 Augustus Agri News Wrap

--:--
Agri-Fokus: Hier is die afgelope week se landbounuus-hoogtepunte op OFM
En... In dié Agri-Fokus-insetsel vat OFM-nuus se Christal-Lize Muller die week se hoofstories in die Agri-Nuusbulletins weeksdae om 11:00 en 13:30, saam.

(VIR DIE WEB: Meer as 3000 mense het reeds vir TLU SA se virtuele optog teen plaasmoorde geregistreer, maar nog meer mense word aangemoedig om daaraan deel te neem. Henry Geldenhuys, adjunk-president van dié organisasie, sê daar is nog tyd om daarvoor te registreer. Dié inisiatief, wat volgende Vrydag aanlyn plaasvind, het ten doel om druk op die regering te plaas sodat daar nou daad-werklik teen dié misdrywe opgetree kan word. Daar gaan ook tydens dié virtuele staptog 'n geleentheid wees vir mense om te reageer en kommentaar te lewer oor dié tragiese kwessie in die land. Buitelanders se deelname word ook aangemoedig. Geldenhuys sê dié organisasie besef dat 'n veldtog of protesoptog van dié aard nie misdaad in Suid-Afrika kan stop nie, maar dit is belangrik om bewusmaking daarvan te kweek. Hy sê dié virtuele protesoptog teen aanvalle op plase en kleinhoewes is 'n ideale platform vir alle Suid-Afrikaners om hul stem te laat hoor. Besoek tlu.co.za vir meer inligting en om te registreer.
7 Aug 2020 3AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

What's in Farmers Weekly – 5 May Edition

The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
25 Apr 11PM 2 min

Opleiding in landelike veiligheid aangebied

Landelike gebiede word veral geteiken wanneer dit by misdaad kom. Produsente moet paraat wees en voordurend by bly met die nuutste teenvoeters vir gevaar. Johan Gunster gesels met Pieter Kemp, ondervoorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, wat onlangs opleiding by Waaikraal, Bloemfontein aangebied het, asook Landi Wilson, een van…
24 Apr 11PM 7 min

Wees seker jy eet wel Karoolam

Hoewel die gesogte Geografiese Indikator (GI)-status aan Karoolam toegeken is, is produsente bekommerd oor produkte wat onder die Karoolam-handelsnaam verkoop word, maar nie aan die Karoolam GI vereistes voldoen nie.
24 Apr 11PM 7 min