#Plaasmoorde: TLU SA en Agri SA vat nou hande

--:--
Die regering en meer spesifiek pres. Cyril Ramaphosa se uitsprake en die breek van sy stilte oor moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes moet nie slegs by praat bly nie. Daadwerklike optrede word geëis. Dit is volgens Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA, wat meen die toename in die voorvalle, wat nou meer wreed word en op bejaardes en weerloses gerig is, moet deur die regering aangespreek word. Daarmee saam moet landbou-organisasies saamwerk. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
5 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Opleiding in landelike veiligheid aangebied

Landelike gebiede word veral geteiken wanneer dit by misdaad kom. Produsente moet paraat wees en voordurend by bly met die nuutste teenvoeters vir gevaar. Johan Gunster gesels met Pieter Kemp, ondervoorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, wat onlangs opleiding by Waaikraal, Bloemfontein aangebied het, asook Landi Wilson, een van…
24 Apr 11PM 7 min

Wees seker jy eet wel Karoolam

Hoewel die gesogte Geografiese Indikator (GI)-status aan Karoolam toegeken is, is produsente bekommerd oor produkte wat onder die Karoolam-handelsnaam verkoop word, maar nie aan die Karoolam GI vereistes voldoen nie.
24 Apr 11PM 7 min

Dr. Johnny van der Merwe - vleispryse

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en tendense en vergelyk die rand/dollar wisselkoers en die jongste oliepryse.
23 Apr 11PM 3 min