Agri-Uur 5 Augustus Francois Saai

--:--
Batsa-hofstryd: Saai hoopvol vir 'n positiewe uitslag

Die organisasie vir familieboere, Saai, is positief en hoopvol dat die tabakmaatskappy, British American Tobacco SA, Batsa, en nege applikante, 'n sterk saak het in sy hofstryd teen die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dr Nkosazana Dlamini-Zuma. Saai is een van die nege applikante, wat tabakboere in die hofgeding teen die regering. Hulle sê mekaar vandag (Woensdag) die styd in die Kaapstadse Hooggeregshof aan oor die regering se omstrede verbod op die verkoop van tabak. Dié verbod is ingestel weens die Covid-19-inperkingsregulasies om die verspreiding van die pandemie te beperk. Francois Rossouw, Saai se uitvoerende hoof, sê dié organisasie tree op in belang van tabakboere wat 'n bestaan maak uit die verkoop en vervoer van tabakprodukte en hul voortbestaan word nou bedreig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
5 Aug 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Meer privaatondersoekers vir veediefstal opgelei

Isabel Kruger, veediefstal veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, meen dat die groot behoefte op grondvlak daarop dui dat kommersiële boere geweldig geteiken word deur kriminele groeperinge en sindikate wat vee steel.
18 Apr 10AM 2 min

Regulasies en Vooruitskatting

Gewasse, vee, vrugte en neute, asook infrastruktuur was die afgelope week in die kwartaaloorsig deur OFM Agri se Robyn Schutte en landbousakekamer se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, bespreek. In die laaste episode van die reeks bespreek hulle regeringsregulasies, en Wandile verskaf ook ‘n blik op wat die landbousektor moontlik in die…
18 Apr 11PM 3 min

‘Gestaakte leeuteling kan einde van spesie beteken’

Kommer bestaan dat gestaakte leeuteling die einde van die spesie kan beteken. Die South African Predator Association se Hannes Wessels glo die onlangse aankondiging van die departement omgewingsake om leeuteling vir jagdoeleindes op te skort, is kortsigtig.
17 Apr 11PM 3 min