Agri Uur 20 Julie DA Reinette Liebenberg

Loading player...
Die DA in die Noord-Kaap is diep bekommerd oor die LUR van landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, Mase Manopole se begroting wat sy gelewer het. Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, sê daarmee saam sal daar heel waarskynlik nog aanpassings volg aan dié begroting van R559 miljoen ná die Covid-19-aanpassingsbegroting. Sy sê 'n groot bron van kommer is die departement se uitrol van droogtehulp, wat onsekerheid by boere geskep het. Daar is R36 miljoen se hulp aan die Noord-Kaap vroeër vanjaar toegeken maar die proses het gesloer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Liebenberg gepraat...
19 Jul 2020 4PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min