Leonie Marques

--:--
Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig.

Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het.



Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig dat sy vir maats ook begin opsommings maak het.

So het Studiemeester™, 'n innoverende leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit, die lig gesien.
15 Jul 2020 Afrikaans South Africa Business

Other recent episodes

Neels Grieshaber

Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of…
8 Apr 2021 1 hr 19 min

Morné Basson

Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa. Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al…
7 Dec 2020 1 hr 23 min

Corbèr Viljoen

Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors. Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop. En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die…
11 Nov 2020 1 hr 05 min

Kallie Carlson

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlson egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
7 Oct 2020 1 hr 21 min

Samesmeltings & Oornames

Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit. Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë…
23 Sep 2020 21 min