Gernie Botha, Vrystaat Landbou Agri-Uur 8 Julie

--:--
)#VrystaatLandbou: Wat bepaal die wet rondom noodweer of selfverdediging in aanvalle?

Vrystaat Landbou (VL) se regsadviseur, Gernie Botha, bespreek nou wat noodweer behels asook die sekere vereistes waaraan voldoen moet word vir die aanval op 'n mens wat in noodweer optree. Hy sê die Suid-Afrikaanse reg maak wel voorsiening vir noodweer of selfverdediging. Dit is belangrik om ook bewus te wees van die nodige vereistes vir dié afwerende of beskermende handeling. Dit kom nadat drie aanvallers in twee uitsonderlike voorvalle op plase in die Vrystaat noodlottig gewond is. Hier is Botha...

(VIR DIE WEB: Volgens hom behels noodweer die gebruik van geweld teenoor 'n ander mens in 'n poging om die lewe, asook die eiendom van die benadeelde mens te beskerm deur die toepassing van 'n afwerende handeling.

Botha sê vereistes vir die aanval op 'n mens wat in noodweer optree sluit in dié aanval kan uit 'n positiewe handeling of 'n nalate. Hy sê 'n "direkte hou" op iemand toegedoen is 'n positiewe handeling.

Daarmee saam moet die aanval onregmatig wees. Dit kom daarop neer dat die aanval aanranding, poging tot moor en ondermeer opsetlike skade aan eiendom insluit. Die aanval kan gerig wees op 'n mens, anders as die mens wat in noodweer handel. Hy sê dié aanval moet voorspruit uit 'n handeling wat deur 'n mens geïnisieer word. 'n Dier of 'n lewelose voorwerp kan nie op sy eis onregmatig handel nie. Die aanval moet gerig wees teen 'n belang wat regtens beskerming verdien. Hy sê 'n mens tree in noodweer op ter beskerming van hul eie lewe of die van ander mense. Daarmee saam kan beskermingswaardige belange soos eiendom en 'n mens se goeie naam beskerm word. Die aanval moet in die proses wees om plaas te vind. Dit moet onmiddellik dreigend wees, en kan nie reeds afgehandel wees nie. Indien dít die geval is kan daar nie in noodweer opgetree word nie en optrede daarna sal 'n vorm van wraak wees.
Botha sê die vereistes vir dié afwerende of beskermende handeling s
7 Jul 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Welkom TikTokker se kop staan na Kanada

Vanaf die uitgestrekte lande van die Vrystaat na die digitale wêreld van TikTok, maak Bianca Janse van Rensburg golwe met haar avonture op die plaas.
27 Mar 11PM 3 min

Vrystater ploeg sosiale media om

Lian Bruwer, wat op TikTok bekend is as @vrystaatboertjie, het ’n unieke benadering tot die platform geneem. Hy deel graag alledaagse plaaservarings wat vir hom normaal mag wees, maar vir stedelinge ’n nuwe wêreld ontsluit.
27 Mar 11PM 3 min