Dr. Kobus Laubscher, landbou-ekonoom

--:--
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
EN… Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.

(VIR DIE WEB:Hy verwys na die mees onlangse gebeure wat naastenby vergelyk kan word rakende die omvang van die impak van die Covid-19-pandemie. Dit is die 2008/09 wêreldwye geldelike krisis waaruit daar lesse te leer is. Laubsher sê Ian Davis, ‘n vorige mede-besturende vennoot van McKinsey meen daar is ‘n paar interessante parallelle wat uitgelig kan word. In 'n onlangse publikasie skryf hy dit is duidelik dat afstand weer nuwe betekenis oor die wêreld h een gaan kry. Grenslose markte en mobiliteit was die normaal, maar met die sluit van grense om die verspreiding van dié pandemie te probeer beheer, is daar weer nuwe waarde vir beter grensbeheer. Daarmee saam sal daar 'n hersiening moet plaasvind van wie waar kan beweeg. Lande se ekonomieë is krities afhanklik van toerisme en die stygende inkomste van die sogenaamde middelklas het toer en reis as ‘n reg begin opgeëis.

Studies toon meer as 3 miljard mense in lande lewe waar grense nie noodwendig gesluit vir buitelanders is nie, maar dat 93% van die wêreldbevolking nou onderhewig aan reisbeperkings is. Toerisme gaan hervat, maar beslis op ‘n ander vlak met ‘n hele ander impak op ekonomieë. Dit is dan nou al moontlik om virtueel te reis. Daarmee saam sal oorgrenshandel noodwendig ook ‘n gedaante verwisseling moet ondergaan met baie groter klem op selfvoorsiening.

Die veerkragtigheid van besighede om te kan reageer ná ‘n skok is nog altyd ‘n sterk oorweging by die evaluering van die meriete van sê ‘n aansoek om ‘n lening. Die pandemie het die vereistes hiervoor ook her-belig en wat nou bygevoeg word is die doeltreffendheid van dié veerkragtigheid. Dit sal dus gaan om meer as om net spreekwoordelik te kan opstaan ná so ‘n ramp, maar hoeveel keer en met watter veerkrag dit l geskied. Wat in hierdie opsig ook belangrik is, is of dit nie al v
1 Jul 2020 3PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Welkom TikTokker se kop staan na Kanada

Vanaf die uitgestrekte lande van die Vrystaat na die digitale wêreld van TikTok, maak Bianca Janse van Rensburg golwe met haar avonture op die plaas.
27 Mar 11PM 3 min

Vrystater ploeg sosiale media om

Lian Bruwer, wat op TikTok bekend is as @vrystaatboertjie, het ’n unieke benadering tot die platform geneem. Hy deel graag alledaagse plaaservarings wat vir hom normaal mag wees, maar vir stedelinge ’n nuwe wêreld ontsluit.
27 Mar 11PM 3 min