Luan van der Walt, landbou-ekonoom, Graan SA (GSA)

--:--
SA se verwagte sonneblom-oes is redelik goed
Die Nasionale Oesskattingskomitee se vyfde produksieskatting vir somer-oliesaadgewasse sien nie dieselfde daarna uit nie. Sonneblomsaad se skatting is onveranderd gelaat vanaf die vorige skatting, terwyl die sojaboonskatting afwaarts aangepas is. Die verwagte Suid-Afrikaanse grondbone-oes is ook laer aangepas. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan uitdagings tydens die aanplatings van dié gewasse in die onderskeie produksiegebiede. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Luan van der Walt, 'n landbou-ekonoom van Graan SA (GSA), gepraat...

(Van der Walt sê die sonneblomoesskatting is op bykans 766 ton geskat en dit is 'n "redelike goeie skatting," ondanks verskeie uitdagings wat produsente in die gesig gestaar het.

Talle sonneblomoeste is dié seisoen laat aangeplant en daar was aanvanklik kommer dat nie baie van dié aanplantings gaan plaasvind nie. Produsente het ook gesukkel met die swam Sclerotinia peul en stamvrot in hul gewasse.

Hy sê dié NOK se skatting is onder Suid-Afrika se gemiddelde sojaboonobrengs vir die afgelope vyf jaar, terwyl die jongste skatting 'n gemiddelde obrengs van 1,53 ton per hektaar insluit, wat steeds 'n goeie gemiddelde verwagte sonneblomoes is, hoewel dit laer as vorige oeste is.
1 Jul 2020 3PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Platteland hoop: Senekal-Matwabeng Community Forum

Hoe trek ‘n mens ‘n gebroke gemeenskap bymekaar? In aanloop tot ons inspirerende Sentraal SA storie reeks van sprekers wat by die onlangse Landbou Weekblad en Senwes Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres opgetree het, begin ons op hierdie Paasvrydag met die storie van pastoor John Mathuhle. Vier jaar gelede…
29 Mar 2AM 3 min

OVK Wolveiling nuus

OVK se Juan Venter deel die uitkoms van die die 27ste wolveiling van die verkoopseisoen…
29 Mar 2AM 1 min

Vrystaat Landbou Paaswense

Vrystaat Landbou hoof uitvoerende beampte, Gernie Botha, deel die organisasie se Paaswense…
29 Mar 2AM 2 min

Agri Noord-Kaap Paaswense

Agri Noord-Kaap Hoof Uitvoerende Bestuurder, Dirk Krapohl, deel die organisasie se Paaswense.
29 Mar 2AM 1 min