Agri Uur 30 Junie Frans du Toit

--:--
Plaasaanval-slagoffers 'gaan nie geïntimideer word nie'
'n Ma en haar seun van die Petrusburg-gebied in die Vrystaat se gemoedstoestand is onder omstandighede goed. Dit kom nadat die 82-jarige Janetta du Toit en haar 54-jarige seun Wimpie, Vrydagaand vermoedelik deur drie mans op die plaas Lovedale aangeval is. Janetta se gesig is erg gekneus, terwyl Wimpie met ysterstawe oor die kop geslaan is. Frans du Toit, Janetta se seun, sê sy broer Wimpie is deur die aanvallers verniel. Frans was vinnig op die toneel omdat hy naby dié plaas bly. Hy vermoed die motief van die aanval is om hulle te intimideer om die plaas te verlaat. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Maandagoggend met hom gepraat....

(VIR DIE WEB: Frans sê sy ma word nog in die Mediclinic-hospitaal in Bloemfontein behandel, terwyl sy broer Wimpie uit die hospitaal ontslaan is. Dit gaan onder omstandighede goed met Janetta, en daar word goed na haar in die hospitaal omgesien. Frans sê sy het die trauma sover goed hanteer. Wimpie aan die ander kant hanteer dit moeiliker. Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk by sy ander broer Louw en dié se vrou, Alta, aan. Volgens Frans was Wimpie se gemoedstoestand Maandagoggend ietwat beter.
29 Jun 2020 1PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Sentraal SA teler beoordeel dorpers in Meksiko

Charl Saunderson van die Nooitgedacht Dorperstoet buite Kenhardt in die Noord-Kaap, is in Meksiko om ‘n dorperskou te beoordeel. Hy gesels met Juan Salas van die nasionale skaap unie.
1 May 11PM 3 min

Jurie Burger van Upington jong afslaer kampioen by Bloemskou

Jurie Burger van Upington is aangewys as die kampioen tydens vanjaar se Plaasmedia en Toyota SA jong afslaers kompetissie wat vir die 11 de keer aangebied is tydens Bloemskou. Die ander drie deelnemers was Hanno Ferreira van Ficksburg, Jovaan Cloete van Lady Grey en Albertus Gouws van Bloemfontein. Johan Gunter…
1 May 11PM 4 min

Dr. Johnny van der Merwe - Vleispryse

Dr. Johnny van der Merwe gee die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand/dollar wisselkoers en die jongste oliepryse.
30 Apr 11PM 4 min