Agri-Uur 30 Junie Kempen Nel

--:--
Boere fynkam gebied na Petrusburg-plaasaanval
Boere van die Petrusburg-distrik het nie op hulle laat wag om Janetta du Toit, en haar seun, Wimpie, te hulp te snel nadat hulle die naweek aangerand, vasgebind en beroof is nie. Kempen Nel, veiligheidsverteenwoordiger vir streek 18 en 19 en streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê die veiligheidsplan is in werking gestel. Die polisie het ook vinnig gereageer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat....

Hy sê die Petrusburg-landbouvereniging se voorsitter, Gert Labuschagne, het hom na die toneel gehaas. 'n Groep boere het ook vinnig daar opgedaag.
29 Jun 2020 1PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Meer privaatondersoekers vir veediefstal opgelei

Isabel Kruger, veediefstal veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, meen dat die groot behoefte op grondvlak daarop dui dat kommersiële boere geweldig geteiken word deur kriminele groeperinge en sindikate wat vee steel.
18 Apr 10AM 2 min

Regulasies en Vooruitskatting

Gewasse, vee, vrugte en neute, asook infrastruktuur was die afgelope week in die kwartaaloorsig deur OFM Agri se Robyn Schutte en landbousakekamer se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, bespreek. In die laaste episode van die reeks bespreek hulle regeringsregulasies, en Wandile verskaf ook ‘n blik op wat die landbousektor moontlik in die…
18 Apr 11PM 3 min

‘Gestaakte leeuteling kan einde van spesie beteken’

Kommer bestaan dat gestaakte leeuteling die einde van die spesie kan beteken. Die South African Predator Association se Hannes Wessels glo die onlangse aankondiging van die departement omgewingsake om leeuteling vir jagdoeleindes op te skort, is kortsigtig.
17 Apr 11PM 3 min