Boere is kwaad oor aanvalle op plase en kleinhoewes

--:--
Die reg moet nou sy gang gaan en die nodige ondersoeke moet gedoen word. Dit is volgens Bernard Maree, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se streekslandbouvereniging in die Tweespruit gebied, nadat 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou en hul skoonseun Sondagoggend in hul plaashuis deur vyf mans gedreig en beroof is. Maree sê dit is 'n wonder dat die slagoffers nie ernstige beserings opgedoen het nie. Twee van die verdagtes is in 'n skietery in die plaashuis noodlottig gewond. Maree sê nog 'n verdagte is gewond en word in 'n hospitaal behandel. 'n Vierde verdagte is na 'n soektog deur boere van die distrik in 'n boom gekry. 'n Vyfde verdagte is steeds soek. Christal-Lize Muller het met Maree gepraat...
22 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Waaikraal Boerevereniging Boeredag gehou

Waaikraal Boerevereniging het onlangs in Bainsvlei, Bloemfontein ‘n boeredag aangebied. Johan Gunter gesels met Jannie Pretorius, ‘n saaiboer in die omgewing oor landboutoestande asook die brandseisoen wat voorlê…
15 Apr 11PM 3 min

Opkomende boere op Mier ontvang droogtehulp

LUR vir CoGHSTA, mnr. Bentley G. Vass en die burgemeester van Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit, rl Michael Segede het saam voer- en kospakkies in Klein Mier uitgedeel. Dié inisiatief is aangespoor deur LUR Vass se vorige besoek aan die gebied in Maart, waar boere hulp gesoek het ná verwoestende veldbrande…
14 Apr 3AM 3 min

Voorsitter van Vrystaat Landbou Jongboer komitee, Rudo Opperman

Vrystaat Landbou het onlangs hul Jongboer-konferensie in Bloemfontein aangebied. Vanjaar se tema was die nuwe generasie van landbou. Ons luister na Voorsitter van Vrystaat Landbou Jongboer komitee, Rudo Opperman, se woorde van bemoediging vir die nuwe generasie van boere
14 Apr 11PM 3 min