Beeswinkel se eerste Namibiese-aanlynveiling eersdaags aangebied

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, wat plaaslik al goed gevestig is, brei nou uit na Namibië. Petrus van Heerden, 'n direkteur van Beeswinkel, sê die eerste kommersiële stilveiling vir Namibiese boere vind volgende week aanlyn plaas. Die teikenmark is boere wat speenkalwers aanbied wat hulle op die veld vir slagdoeleindes, afgerond het. In dié stadium is die bestaande Suid-Afrikaanse platform, beeswinkel.co.za, kragtig genoeg om aanlyntransaksies van Namibië te huisves. Hy sê egter dit kan later verander met dié Suid-Afrikaanse buurland wat sy eie platform kan kry. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Heerden gepraat...
15 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min