Alternatiewe proteïene gewild tydens Covid-19 in Amerika

Loading player...
Die tekort aan vleis in Amerika weens inperkingsmaatreëls met betrekking tot die Covid-19-pandemie in dié land het opnuut die fokus op alternatiewe proteienprodukte van plantmateriaal, geplaas. Chris Potgieter, hoof van privaat-kliënte sekuriteite by Old Mutual Wealth , sê dié alternatiewe proteïene, wat plantekstrak en gefermenteerde proteïen insluit is nie 'n nuwe verskynsel oor die wêreld heen nie. Twee maatskappye, Beyond Meat en Impossible Meats is al vir jare hard aan die werk ten opsigte van die verfyning en verbetering van alternatiewe proteïene uit plantprodukte. Die verbruik daarvan het in Amerika in dié tydperk toegeneem, maar in Suid-Afrika is dit nog nie so gewild nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Potgieter gepraat...
1 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min