Tabakverbod: Hele waardeketting vanaf boere tot verbruiker word geraak

Loading player...
Met internasionale anti-tabakdag wat gister plaasgevind het, beklemtoon dié plaaslike tabakbedryf egter opnuut die reuse finansiële en sosio-ekonomiese bydrae wat dié bedryf in Suid-Afrika lewer. Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rusenburg in Noordwes, sê die tabakbedryf speel ook 'n baie belangrike rol in plattelandse ekonomieë veral ten opsigte van werkskepping. Hy sê daar is meer as 300 tabakboere oor die land heen, waarvan talle opkomende boere is. Volgens hom raak die Suid-Afrikaanse regering se verbod op tabakverkope tydens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk nie slegs dié boere nie, maar die hele waardeketting word geraak. Dit terwyl sluikhandel toeneem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met homg gepraat...
31 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min