Luister: Wiele2Wiele gaan terug in tyd saam Porsche
--:--
Hierdie week gaan Wiele2Wiele terug in tyd na 1965 toe die eerste Porsche Targa bekendgestel is voor hulle gesels oor die nuwe Porsche 911 Targa 4 en 911 Targa 4S. Die span raak nostalgies wanneer hulle met Rian van Eeden gesels oor sy versameling van Matchbox-karretjies. Hulle gee ook raad oor batterye en kyk na die Mei 2020-uitgawe van die Superbike SA-tydskrif, wat jy weer gratis kan lees.