Wolbedryf slaag sug van verligting, oor dié vesel wat in grendeltydperk noodsaaklik is

Loading player...
Die wolbedryf slaak 'n sug van verligting, nadat dit ingevolge die Covid-19-regulasies nou as 'n noodsaaklik produk geklassifiseer word. Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, sê die waardeketting vir wol het nou weer die geleentheid om op dreef te kom. Dié aangepaste regulasies is verlede week deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, bekendgemaak. De Beer sê wol kan nou weer na markte vervoer word, skeerders van wol kan ook 'n diens op plase lewer, terwyl wol voortaan by die woltoetsburo getoets kan word. Hy sê makelaars is ook gereed en veilings kan voortgaan... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Beer gepraat....
3 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min