Tjoepie Groenewald, die stigter van die bekende landbou sosiale media platform, Farmboek op Agri-Uur

--:--
Pieter Moller het met Andre Tjoepie Groenewald, die stigter van die bekende landbou sosiale media platform, Farmboek, gesels, oor wat die Corona-virus se uitwerking gaan wees op gewone besighede en landboubesighede. Groenewald is van mening dat alle besighede se uitkyk nooit weer dieselfde sal wees nie en dat die digitale toekoms 3 jaar vinniger in die wereld aanvaar is. Groenewald voorspel verder dat die “lock down” na 16 April verleng gaan word, maar dat SA se ekonomie dit nie sal kan bekostig nie. Nuwe realiteite veroorsaak dat boerderye en landboubesighede maniere sal moet vind om hulleself te kan verskans teen hierdie gebeurtenis. Nuwe maniere gaan uitgedink moet word om tegnologie aan te wend om die toekoms te kan ingaan en volhoubaar te wees
2 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Welkom TikTokker se kop staan na Kanada

Vanaf die uitgestrekte lande van die Vrystaat na die digitale wêreld van TikTok, maak Bianca Janse van Rensburg golwe met haar avonture op die plaas.
27 Mar 11PM 3 min

Vrystater ploeg sosiale media om

Lian Bruwer, wat op TikTok bekend is as @vrystaatboertjie, het ’n unieke benadering tot die platform geneem. Hy deel graag alledaagse plaaservarings wat vir hom normaal mag wees, maar vir stedelinge ’n nuwe wêreld ontsluit.
27 Mar 11PM 3 min