Luister: Wiele2Wiele gesels oor Peugeot se nuwe sakpas 108

Hierdie week ry Wiele2Wiele met die sakpas Peugeot 108, woon die bekendstelling van die nuwe Hyundai Venue-sportnuts by, verduidelik hoe hibriede voertuie werk met twee aandryfstelsels, raak futuristies vir 2-Wiele oor ʼn elektriese- en ʼn 1800cc bokser BMW motorfiets en sit ook die kollig op Hennie de Klerk se TreasuryOne, Nissan Navara vir Dakar 2020.