DAGGABOER EN PAMINA

Annie Klopper en Jean-Pierre de Kock, in gesprek met Rachelle Greeff

Aangebied deur Kwela Boeke en Human & Rousseau

Skryfskoolaanbieder en self ’n bekende skrywer, Rachelle Greeff, gesels met twee jong skrywers oor hulle pad na publikasie. Jean-Pierre de Kock se
ontroerende Die daggaboer is die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan te lewe as die waarheid te konfronteer: dat hy opgegee het op sy loopbaan, sy meisie en sy pa in die Alzheimer’s-kliniek. Annie Klopper se Die tragiese saak van Pamina Vermaak is op sy beurt ’n eietydse romantiese komedie met ’n musikale twist, waarin Pamina Vermaak druipstert na haar ouerhuis terugkeer – net om daar in die rocker
Wolf de Jager vas te loop.