#32  31. Die toekoms van standaardtaal en die AWS

--:--
In dié slotaflewering van VivA se podsendingreeks oor die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gesels die nuutverkose ondervoorsitter, Suléne Pilon, met die Taalkommissievoorsitter, prof. Gerhard van Huyssteen, oor standaardtaal en spesifiek die standaardvariëteit van Afrikaans. Die verskillende funksies en die vier formaliteitsvlakke van Afrikaans word bespreek; algemene Afrikaans; die toekoms van die AWS; en die volgende take van die SA Akademie se Taalkommissie.
Season 1 / Episode 32 22 Jun 2018 English South Africa Language Learning · Education

Other recent episodes

1. Wat is die AWS?

Episode 1: Wat is die AWS? (Gerhard van Huyssteen). In die eerste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word twee vrae beantwoord: (1) Wat is die AWS?; en (2) Hoekom moet jy die AWS koop? In die episode word ook 'n oorsig oor die hele…
Season 1 / Episode 1 21 min

2. Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS?

Episode 2: Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS? (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die tweede episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die 2017-AWS met vorige AWS'e vergelyk. Ons gee 'n oorsig oor die belangrikste vernuwings in die 2017-AWS.
Season 1 / Episode 2 32 min

3. Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids

Episode 3: Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die derde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die voorwoord, toeligting en gebruikersgids bespreek.
Season 1 / Episode 3 8 min

6. Hoofstuk 2: Afkappingsteken

Episode 6: Hoofstuk 2: Afkappingsteken (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die sesde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afkappingsteken (oftewel apostroof) bespreek. Wat is die verskil tussen die afkappingsteken en die afbreekteken? En hoe verskil die gebruik van die afkappingsteken in…
Season 1 / Episode 6 4 min

5. Hoofstuk 1: Afbreek van woorde

Episode 5: Hoofstuk 1: Afbreek van woorde (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die vyfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afbreek van woorde in Afrikaans bespreek. Is dit regtig nog nodig vir 'n hoofstuk oor hierdie onderwerp as woordverwerkers outomaties woorde…
Season 1 / Episode 5 5 min