#26  25. Woordelys

--:--
Episode 25: Woordelys (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die 25ste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die woordelysgedeelte bespreek. Ons praat kortliks oor hoe die woordelys verander het sedert die 2009-AWS, spesifiek oor woorde wat bygevoeg en geskrap is. Die grootste gedeelte van die podsending word gewy aan die werkswyse van die Taalkommissie: Watter kriteria gebruik ons om te besluit of 'n woord opgeneem moet word of nie, asook hoe die woord opgeneem moet word? Hierdie kriteria word aan die hand van verskeie voorbeelde geïllustreer, terwyl ons die geval "emeritus" in detail behandel.
Season 1 / Episode 26 27 May 2018 English South Africa Language Learning · Education

Other recent episodes

1. Wat is die AWS?

Episode 1: Wat is die AWS? (Gerhard van Huyssteen). In die eerste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word twee vrae beantwoord: (1) Wat is die AWS?; en (2) Hoekom moet jy die AWS koop? In die episode word ook 'n oorsig oor die hele…
Season 1 / Episode 1 21 min

2. Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS?

Episode 2: Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS? (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die tweede episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die 2017-AWS met vorige AWS'e vergelyk. Ons gee 'n oorsig oor die belangrikste vernuwings in die 2017-AWS.
Season 1 / Episode 2 32 min

3. Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids

Episode 3: Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die derde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die voorwoord, toeligting en gebruikersgids bespreek.
Season 1 / Episode 3 8 min

6. Hoofstuk 2: Afkappingsteken

Episode 6: Hoofstuk 2: Afkappingsteken (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die sesde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afkappingsteken (oftewel apostroof) bespreek. Wat is die verskil tussen die afkappingsteken en die afbreekteken? En hoe verskil die gebruik van die afkappingsteken in…
Season 1 / Episode 6 4 min

5. Hoofstuk 1: Afbreek van woorde

Episode 5: Hoofstuk 1: Afbreek van woorde (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die vyfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afbreek van woorde in Afrikaans bespreek. Is dit regtig nog nodig vir 'n hoofstuk oor hierdie onderwerp as woordverwerkers outomaties woorde…
Season 1 / Episode 5 5 min