Ingrid Winterbach: Vlakwater

Aangebied deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
ʼn Vriendskap onstaan tussen die kunstenaar Niek Steyn en Marthinus Scheepers wanneer een van Marthinus se varke in Niek se tuin beland. Dan verdwyn Charelle, Niek se losseerder, en ʼn welaf kunstenaar maak ʼn verdagte aanbod op sy huis. Moenie dié gesprek tussen Ingrid Winterbach en Louise Viljoen misloop nie.