
Ep. 267: Nierversaking op 18: skok, geloof, hoop en ‘n tweede kans
Loading player...
Wat doen jy as as jou lewe in ’n oogwink verander weens ‘n ingrypende mediese toestand waarvan jy salig onbewus was? Henry du Plessis, wat in matriek moes hoor hy het slegs 6% nierfunksie, praat eerlik oor dialise, twee nieroorplantings en die gepaardgaande eensaamheid, onsekerheid en vrees. Hy deel die kronkels van sy geloofspad en wat hom gedring het om ‘n boek te skryf vir elkeen met ‘n behoefte aan hoop.

