Misdaad in landelike gebiede 'moet hokgeslaan word'

Loading player...
TLU SA sê dalende misdaadstatistiek moet gevolg word deur daadwerlike optrede om misdaad hok te slaan, veral in landelike gemeenskappe. Die landbou-organisasie sê plaasaanvalle, plaasmoorde en veediefstal bedreig die veiligheid van boerderygemeenskappe en voedselproduksie en vra die regering om misdaadsindikate uit te roei. Bennie van Zyl van TLU SA sê veiliger landelike gemeenskappe is noodsaaklik vir voedselsekerheid, werkskepping en ekonomiese groei:
20 Nov 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA polisie outomatiseer noodlyn

Suid-Afrika se nasionale adjunk-polisiekommissaris, Tebello Mosikili, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het geoutomatiseerde stemopnames vir 10111-oproepe ingestel vir gevalle waar operateurs met ander inbellers besig is. Die kwessie het kommer ontlok oor noodreaksie en polisie-aanspreeklikheid. Sy hou vol die meer as 1,7-miljoen onbeantwoorde oproepe in die 2025/26-boekjaar is nie doelbewus deur…
21 Nov 11PM 1 min

Rugby: Bokke benodig bonus - en meevaller

Rugby-ondersteuners sal vanmiddag wêreldwyd op die punte van hul stoele sit vir die laaste groepwedstryde in die sport se splinternuwe Nasieskampioenskap. Die toetse tussen Ierland en Suid-Afrika en Engeland en Nieu-Seeland sal bepaal watter span uit die suidelike halfrond na die eindstryd vorder. Die Springbokke het ‘n bonuspuntwen nodig en…
21 Nov 5AM 1 min

Werkloosheid: Staat moet ingryp, sê Jauch

Massas werklose Namibiërs kan nie op verkiesingsbeloftes of groot buitelandse beleggings staat maak om hul lot te verander nie, sê die arbeidskenner Herbert Jauch. Die werkloosheidsyfer van 36,9 persent, waarvan byna 40 persent vroue is, sal volgens Jauch voortduur sonder strukturele veranderinge. Hy sê die syfer kan selfs 54 persent…
21 Nov 4AM 1 min

WHO erken handel moet hervorm

Die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê wêreldhandel bly veerkragtig, ten spyte van toenemende onsekerheid. Sy het tydens die All Africa Business Leaders Awards in Sandton gesê handel kry dikwels die skuld vir uitdagings wat verband hou met outomatisering, ontoereikende maatskaplike ondersteuning en ekonomiese beleid. Okonjo-Iweala het erken dit…
21 Nov 3AM 1 min