Dubbelle rugby-plesier vanaand in Windhoek

Loading player...
Die rugby-aksie duur vanaand voort by die Hage Geingob-stadion, met die tweede dag van die dubbelwedstryde tussen die Welwitschias en die Recklessbear Barbarians. Die hekke maak vyf-uur oop en die sewes skop om ses-uur af, gevolg deur die 15-tal-kragmeting om sewe-uur. Die Welwitschias se kaptein, Danco Burger, sê ondersteuners kan uitsien na ’n aand van vinnige rugby, harde duikslae en volop aksie.
20 Nov 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA polisie outomatiseer noodlyn

Suid-Afrika se nasionale adjunk-polisiekommissaris, Tebello Mosikili, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het geoutomatiseerde stemopnames vir 10111-oproepe ingestel vir gevalle waar operateurs met ander inbellers besig is. Die kwessie het kommer ontlok oor noodreaksie en polisie-aanspreeklikheid. Sy hou vol die meer as 1,7-miljoen onbeantwoorde oproepe in die 2025/26-boekjaar is nie doelbewus deur…
21 Nov 11PM 1 min

Rugby: Bokke benodig bonus - en meevaller

Rugby-ondersteuners sal vanmiddag wêreldwyd op die punte van hul stoele sit vir die laaste groepwedstryde in die sport se splinternuwe Nasieskampioenskap. Die toetse tussen Ierland en Suid-Afrika en Engeland en Nieu-Seeland sal bepaal watter span uit die suidelike halfrond na die eindstryd vorder. Die Springbokke het ‘n bonuspuntwen nodig en…
21 Nov 5AM 1 min

Werkloosheid: Staat moet ingryp, sê Jauch

Massas werklose Namibiërs kan nie op verkiesingsbeloftes of groot buitelandse beleggings staat maak om hul lot te verander nie, sê die arbeidskenner Herbert Jauch. Die werkloosheidsyfer van 36,9 persent, waarvan byna 40 persent vroue is, sal volgens Jauch voortduur sonder strukturele veranderinge. Hy sê die syfer kan selfs 54 persent…
21 Nov 4AM 1 min

WHO erken handel moet hervorm

Die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê wêreldhandel bly veerkragtig, ten spyte van toenemende onsekerheid. Sy het tydens die All Africa Business Leaders Awards in Sandton gesê handel kry dikwels die skuld vir uitdagings wat verband hou met outomatisering, ontoereikende maatskaplike ondersteuning en ekonomiese beleid. Okonjo-Iweala het erken dit…
21 Nov 3AM 1 min