
Brandstofprysverskille: Suide betaal N$1,10 meer per liter as Walvisbaai
Loading player...
Brandstofpryse het van vandag af skerp gestyg, maar hoeveel motoriste betaal, hang grootliks af van waar hulle in die land brandstof ingooi. Petrol is tussen N$2 en N$2,07 per liter duurder, terwyl diesel met 50 dpm tussen N$3 en N$3,07 per liter gestyg het. Die grootste prysverskil is tussen die suidelike dorpe, waar brandstof die duurste is, en Walvisbaai, waar motoriste die laagste pryse betaal. Die verskil beloop nou N$1,10 per liter. Energieminister Modestus Amutse het Maandag tydens ’n mediakonferensie verduidelik waarom brandstofpryse nie oral dieselfde is nie:

