Rubberduck-renne maak hul terugkeer by Oanobdam

Loading player...
Nagenoeg 11 rubberduck-bote neem môreoggend aan die Oanob Lake Grand Prix-reeks by die Oanobdam deel. Elke boot se span bestaan uit 'n stuurman en 'n navigator, wat voor in die boot sit en help om die boot te stuur. Die sport was eens baie gewild, maar het mettertyd veld verloor. Nou probeer 'n groep passievolle sport-entoesiaste die sport weer nuwe lewe gee. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering vertel ons meer.
30 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rugby: Bok-skrumskakel dankbaar vir groot kans

Die Springbok-skrumskakel Morné van den Berg is dankbaar vir die vertroue wat in hom gestel word, ondanks mededinging van spelers soos Cobus Reinach en Grant Williams. Die 29-jarige, wat ses drieë in slegs tien toetse gedruk het, sal Sacha Feinberg-Mngomezulu se skakelmaat wees in Saterdag se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Italië in…
4 Nov 10AM 1 min

Swaaistem in VSA nie 'n teken van nuwe liefde vir Demokrate

Ná Dinsdag se Amerikaanse middeltermynverkiesings het die Demokrate beheer oor beide die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat oorgeneem, nadat hulle deurslaggewende swaaistate gewen en tradisionele Republikeinse vestings verower het. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah merk op dat die Demokratiese oorwinning eerder die publiek se frustrasie oor inflasie en buitelandse beleid…
4 Nov 10AM 1 min

13 nuwe motors vir hoë besoekers

Die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Handel het 13 voertuie aangekoop om besoekende buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs te vervoer. Adjunkminister Jenelly Matundu het die besteding tydens die 2026/27-middeljaarbegrotingsoorsig verdedig en gewys op toenemende operasionele druk op Namibië se buitelandse missies weens stygende inflasie en wêreldwye koste. Sy het ook verwys na Amerikaanse…
4 Nov 9AM 1 min

President eis beheer oor groot projekte

President Netumbo Nandi-Ndaitwah wil hê dat strategiese nasionale projekte onder die direkte toesig van haar kantoor geplaas word om die implementering daarvan te bespoedig. Tydens die bekendstelling van die Dangote-Namibië-tenkplaas- en streekpyplynprojek by Plaas 58 buite Walvisbaai, het sy gewaarsku burokratiese vertragings laat die land kosbare beleggingsgeleenthede verloor. Sy sê…
4 Nov 9AM 1 min