
Eagles maak geskiedenis met oorwinning oor Ierland
Loading player...
Namibië het Saterdag geskiedenis gemaak met sy eerste eendag-oorwinning teen ’n volle lidland van die Internasionale Krieketraad. Die Eagles het Ierland met 31 lopies geklop in die tweede van vyf wedstryde, wat die reeks nou op een oorwinning elk te staan bring. Die spanne pak mekaar Dinsdag in die derde kragmeting. Kosmos 94.1 Nuus het met Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, gesels.

