
Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme
Loading player...
Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep ondersteun die nuwe VN Politieke Verklaring oor Pandemievoorkoming, -paraatheid en -reaksie, maar hou vol dat billike toegang tot gesondheidstegnologie nie onderhandelbaar is nie. Die groep wil ook hê die tekortkominge wat deur COVID-19 uitgewys is, moet reggestel word voordat die volgende pandemie toeslaan.

