
Agriskoops - 5 Oktober 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy verduidelik hoe hulle stelsels gebruik maak van kombinasies van ultrafiltrering en omgekeerde osmose om water te herwin en terug te wen. Hy gee verder ʼn oorsig van die belangrikheid van goeie waterbestuur in terme van omgewingsregulasies rondom afvalwater en afloop. NuWater se aanlegte is mobiel, aanpasbaar en vinnig ontplooi-baar.

