The ELL’S oor hul nuwe album “Salt, Wind & Fire”

Loading player...
Laimi gesels met The ELL’S oor hul splinternuwe album, “Salt, Wind & Fire”, wat nou amptelik uit is!

Ontdek meer oor die album, die musiek en dalk selfs jou nuwe gunstelingliedjie. Luister saam na die gesprek en vier nuwe Namibiese musiek.
2 Sep 6AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

95 Jaar van Die Voortrekkers in Namibië – Ligdraers in die Wêreld

Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy van Die Voortrekkers Namibië oor ’n besondere mylpaaljaar – 95 jaar van Die Voortrekkers in Namibië. Hulle gesels oor die 2026-jaartema, “Voortrekkers as Ligdraers in die Wêreld”, en die nuwe feesjaarlied, “Rotsvas” deur Adam Tas. ’n Gesprek oor tradisie, waardes, leierskap en die rol…
2 Sep 6AM 8 min

Bio-Strath: Voeding vir elke sel – Jean-Louis gesels met Estie Schreiber

Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Bio-Strath, een van haar mees geliefde produkte. Hulle gesels oor die produk, die unieke samestelling daarvan en waarom dit volgens Estie ’n belangrike deel van ’n mens se gesondheid en welstand kan wees. Bio-Strath is beskikbaar by apteke in stroop- en tabletvorm…
2 Sep 6AM 12 min

Maak Spore: Desiree Eises oor geloof, groei en moed

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Desiree Eises, ’n rekeninge-konsultant in Windhoek, aspirerende sangeres en ’n vrou wat haar stem gebruik om ander vroue te bemoedig. Hulle gesels oor haar persoonlike reis, die uitdagings en geleenthede wat haar gevorm het, asook die rol van geloof, groei en moed…
1 Sep 7AM 6 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 31 Augustus 2026

Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
1 Sep 1AM 5 min

Francois Hanekom Jnr.: Die jongste Wanderers Ope-kampioen nóg

Francois Hanekom Jnr. het geskiedenis gemaak deur die jongste speler nóg te word om die Wanderers Ope-toernooi te wen. Op pad na die titel het hy van Namibië se topspelers geklop, insluitend Kyle Kriel, Le-Hugo van Rooyen en die Namibiese nommer een, Arno Diekmann. Ons gesels met die jong muurbalster…
31 Aug 2AM 5 min