
Diep Gesels met Sandi Schultz oor Diepe Waters en haar Silwerskerm benoeming
Loading player...
Sy het dit amptelik gemaak! Sandi Schultz het vanjaar haar heel eerste toekening vir haar toneelspel in haar hele loopbaan losgeslaan by die 14de kykNET Silwerskermfees, vir haar rol as Zelda Joubert in die telenovela Diepe Waters na 'n benoeming verlede jaar en 'n tweede een vanjaar. Sy gesels met ons oor haar bekroonde karakter, die jongste storielyne, en haar reis van UCT tot Hollywood en terug. 'n Buitengewone verhaal van deursettingsvermoë wat eindelik erkenning kry, moenie dit mis nie!

