
Druk Dit! Juandré de Jager oor die krag agter die dokumentêr.
Loading player...
Juandré de Jager, regisseur en vervaardiger van die dokumentêr "Druk Dit!", praat met ons oor haar nuwe dokumenter wat vanjaar by die Silverskermfees vertoon. Die dokie volg Terence Opperman bedags 'n werker by 'n steenkoolmyn in Witbank, snags "The Highlander" op die armdruktafel. Dit is 'n storie oor oorwinning en verlies, maar veral oor die menslike drang om vas te klou aan hoop, identiteit en aan mekaar. Luister na die gesprek oor die subkultuur agter die sport en die reis tot wêreldkampioenskap.

