Kerkspieel 2026 - `n blik op die NGK

Loading player...
Die jongste Kerkspieël-navorsing oor die welstand van gemeentes in die NG Kerk skets ’n interessante prentjie. Daar is tekens van druk: gemeentes vergrys, baie word kleiner en ’n beduidende aantal beskik nie meer oor ’n voltydse predikant nie. Daar is ook ’n neiging om na binne te fokus. Maar dit is nie die hele verhaal nie. Meer gemeentes beskryf hulleself as groeiend, finansies het verbeter en erediensbywoning lyk gesonder. Die vraag is dus: Wat maak ’n gemeente werklik gesond? Is dit getalle, geboue en geld? Of moet ons dalk anders begin meet – aan gemeenskapsbetrokkenheid, gestuurdheid, diensbaarheid en die manier waarop die kerk die wêreld rondom hom dien? Jannie Pelser en gaste, Gawie Gouws, Johan Botes en Janke Hurter gesels oor hierdie interessante tema.
22 Aug Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Goudini-belewenis: Hoop en Vernuwing

700+ Predikante van regoor SA het bymekaar gekom by Goudini om saam te bid, te kuier, te vier en te groei. Jannie Pelser gesels met drie predikante, Hendrien van Vliet, Yugi Barnhard en Rikus Hattingh, oor hul ervaring en indrukke van hierdie besondere predikante-saamkoms
12 Sep 45 min

Dissipline op skool - is daar 'n krisis?

Dissipline in ons skole is ’n onderwerp waaroor daar sterk menings bestaan. Vir sommige mense het die pendulum te ver weggeswaai – onderwysers sukkel om gesag te handhaaf, klastyd gaan verlore en leerders wat graag wil leer, word deur ontwrigting benadeel. Vir ander is die antwoord nie om bloot strenger…
5 Sep 53 min

Is die Bybel nog relevant in ons tyd?

Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Verster, Prof Hennie Stander en Dr Andre van Niekerk, gesels vandag oor die tema: Is die Bybel nog relevant in ons tyd?
31 Aug 52 min

Skoolsport in die branding

Jannie Pelser en gaste, Maretha Claasen en Stephan du Preez bespreek vandag die tema: Skoolsport in die branding. Skoolsport is veel meer as net die wen of verloor van ’n wedstryd. Vir duisende jongmense is dit ’n plek waar hulle leer om saam te werk, dissipline te beoefen, teleurstelling te…
15 Aug 55 min