Kus tot kruin - ๐ŸŒŠ wanneer gewone mense buitengewone dinge vir die natuur doen - 20 Agustus 2026

Loading player...
Hierdie week op Kus tot Kruin het Fred gesels met twee passievolle inwoners van Mosselbaai โ€“ Val Marsh van S.M.A.R.T. en Ursela Viljoen van Manco.
Hulle het vertel van die waardevolle netwerk van mense wat dikwels agter die skerms inspring wanneer ons kus- en seelewe hulp nodig het. Van gewone inwoners, huisvroue en -mans en vrywilligers tot diereklinieke en ander rolspelers โ€“ mense wat hul tyd, energie en kennis gee sonder finansiรซle vergoeding of guns, bloot omdat hulle omgee. ๐ŸŒฟ๐Ÿง๐Ÿข๐Ÿฆญ

Dit is hierdie mense wat, dikwels sonder enige erkenning, โ€™n werklike verskil maak wanneer โ€™n dier in nood is. Elke reddingspoging dra by tot die beskerming van ons kosbare mariene biodiversiteit en herinner ons dat bewaring nie net die verantwoordelikheid van groot organisasies is nie โ€“ elkeen van ons kan โ€™n rol speel.
๐ŸŽง Luister na hierdie besondere gesprek op Kus tot Kruin en hoor hoe hierdie rolspelers saamwerk, wat agter โ€™n reddingsaksie gebeur en waarom gemeenskapsbetrokkenheid so belangrik is.
20 Aug Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

DEMOKRATIESE ALLIANSIE: KANDIDAAT BEKENDSTELLING - 14 Oktober 2026

๐ŸŽ™๏ธ MUNISIPALE VERKIESING 2026 | DA-KANDIDAATBEKENDSTELLING In hierdie politieke promosie gesprek stel Dirk Kotzรฉ twee van die Demokratiese Alliansie se wykskandidate vir Mosselbaai bekend: ๐Ÿ”น Nickey le Roux โ€“ Wyk 11 ๐Ÿ”น Francois Botha โ€“ Wyk 4 Die kandidate gesels oor wat hulle aan inwoners van hul onderskeie wyke beloweโ€ฆ
14 Oct 18 min