Kolossense 2 – Identiteit in Christus, Oorwinning en Selfbeheersing
Loading player...
In hierdie episode van Markplek Ambassadeurs op Radio Cape Pulpit (CBMC Suid-Afrika) gesels Harm Engelbrecht oor Bybelse leierskapsbeginsels vanuit Kolossense 2. Hy beklemtoon dat die geheimenis van die geloof Christus self is – en dat in Hom al die skatte van wysheid en kennis te vinde is.
Harm lees uit Kolossense 2:1-14 en verduidelik dat Paulus, self in die tronk, die gemeente in Kolosse toerus en bemoedig deur hulle te herinner aan hul nuwe identiteit in Christus. Hy wys op die belangrikheid daarvan om Jesus nie net as Verlosser nie, maar ook as Heere te aanvaar – want as Hy Heere is, is Hy in beheer van ons lewe.
Die boodskap beklemtoon dat die oorwinning reeds behaal is – Jesus het aan die kruis die vijand ontwapen en ons sondes weggevat. Harm gebruik die eenvoudige voorbeeld van 'n rugbywedstryd wat reeds gewen is: as jy die uitslag ken, kan jy met rustigheid kyk, terwyl ander wat nie weet nie, nog angstig is. Net so kan gelowiges uit die oorwinning leef omdat Christus reeds oorwin het.
Hy lees verder in Kolossense 2:20–3:15, waar Paulus oproep tot selfbeheersing en die aflegging van die ou mens met sy sondige gewoontes (onsedelikheid, woede, haat, leuens, ens.). Ware verandering begin van binne na buite – ons moet ons gedagtes rig op die dinge daarbo en ons nuwe identiteit in Christus uitleef. Die episode sluit af met die oproep om uitgediende gewoontes te laat vaar en nuwe gewoontes aan te leer, en om mekaar te verdra en te vergewe soos die Here ons vergewe het.