Ecoskoops - 30 Julie 2026

Loading player...
Vandag gesels ons in die program verder met die uitvoerende hoof en stigter van Refreshi, Jakob Holbak. Refreshi is 'n Suid-Afrikaanse digitale platform en mobiele toepassing wat oortollige voedsel van supermarkte, restaurante, bakkerye, koffiewinkels en soortgelyke ondernemings teen groot afslag aan verbruikers beskikbaar stel – hoofsaaklik deur middel van verrassingspakkies. Refreshi se hoofdoelwit is om te verhoed dat voedsel van uitstekende gehalte wat oorbly, op stortingsterreine beland.
30 Jul Afrikaans South Africa Daily News · Nature

Other recent episodes

Ecoskoops - 1 September 2026

Vandag op die program gesels ons met FoodForward SA se Fondsontwikkelingsbestuurder, Bobbie Jacobs. FoodForward SA spreek beide voedselonsekerheid en voedselverlies en -vermorsing aan deur voedsame voedsel te herwin wat andersins ongebruik sou bly en dit te herlei na 'n voedselverspreidingsnetwerk wat kwesbare gemeenskappe bedien.
1 Sep 7 min

Ecoskoops - 27 Augustus 2026

Vandag op die program gesels ons verder met dr. Heinz Meissner van MilkSA oor kweekhuisgasvrystellings van die suiwelbedryf, watter gasse en bronne die belangrikste is om te verstaan ​​– en hoe belangrik suiwelboerdery is binne Suid-Afrika se algehele vrystellingsprofiel.
27 Aug 5 min

Ecoskoops - 25 Augustus 2026

Vandag op die program gesels ons met dr. Heinz Meissner van MilkSA oor kweekhuisgasvrystellings van die suiwelbedryf, watter gasse en bronne die belangrikste is om te verstaan – en hoe belangrik suiwelboerdery is binne Suid-Afrika se algehele vrystellingsprofiel.
25 Aug 5 min

Ecoskoops - 20 Augustus 2026

Vandag op die program gesels ons verder met Carlyn Frittelli Davies. Sy is 'n konsultant by ENS in die Natuurlike Hulpbronne en Omgewingspraktyk. Sy spesialiseer in omgewingsverwante magtigings, appèlle en hersienings, administratiewe en kriminele verrigtinge en omgewingsvrystellings en waarborge met betrekking tot kommersiële ooreenkomste.
20 Aug 6 min

Ecoskoops - 18 Augustus 2026

Vandag op die program gesels ons met Carlyn Frittelli Davies. Sy is 'n konsultant by ENS in die Natuurlike Hulpbronne en Omgewingspraktyk. Sy spesialiseer in omgewingsverwante magtigings, appèlle en hersienings, administratiewe en kriminele verrigtinge en omgewingsvrystellings en waarborge met betrekking tot kommersiële ooreenkomste.
18 Aug 6 min