
Ecoskoops - 5 November 2026
Loading player...
Vandag op Ecoskoops gesels ons met die ekoloog Alison Hepplestone van EcoSolutions. EcoSolutions is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy wat spesialiseer in gifvrye, omgewingsvriendelike plaagbeheer. Hulle fokus op geïntegreerde plaagbestuur deur gebruik te maak van nie-giftige, volhoubare metodes, en werk saam met die natuur in plaas van daarteen. Alison verduidelik hoe uile en vlermuise as natuurlike bondgenote gebruik word om knaagdiere en insekte op plase en in stedelike gebiede te bestuur.

