Erns Grundling se epiese reis deur Viëtnam in Elders se agste seisoen

Loading player...
Van Hanoi se bedrywige strate tot die mistige berge van Sa Pa, deur magiese grotte, ikoniese baaie en die energieke strate van Ho Chi Minh-stad dis waarna kykers kan uitsien wanneer Elders: Viëtnam op Sondag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin uitsaai. Stapper en skrywer Erns Grundling neem kykers op 'n noord na suid reis deur een van Suidoos-Asië se mees fassinerende lande, 'n Veertig-dae-projek wat weens Viëtnam se komplekse burokrasie en verskeie tifone een van die mees uitdagende nog was. Met 'n SAFTA-bekroonde nalatenskap agter die rug, beloof hierdie agste seisoen om kykers te betower en ja, Erns se snor maak eers in die laaste episode sy verskyning.
15 Jul 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Morné Visser sluit aan by Skemergrond maar kan jy hom vertrou?

Morné Visser bekend vir Summertide, Spooksoeker en Straat, betree Skemergrond as Rynard Fuchs 'n sjarmante sakeman met 'n geheim. Hy is 'n man wat kry wat hy wil hê, maar waarsku self: " 'n Slang moet nou en dan sy vel afgooi." Vir Morné is dit 'n nuwe uitdaging, sy…
16 Sep 1PM 6 min

Tracey-Lee Oliver tree vir die laaste keer in Pam se skoene op.

Tracey-Lee Oliver wat Pam in Diepe Waters gespeel het gesels oor die karakter wat hierdie week na ’n tragiese skietvoorval tot ’n einde gekom het. Sy deel hoe Pam op die regte tyd in haar lewe gekom het en wat sy oor die jare geleer het van Zelda se "loskop"…
2 Sep 1PM 14 min

Diep Gesels met Sandi Schultz oor Diepe Waters en haar Silwerskerm benoeming

Sy het dit amptelik gemaak! Sandi Schultz het vanjaar haar heel eerste toekening vir haar toneelspel in haar hele loopbaan losgeslaan by die 14de kykNET Silwerskermfees, vir haar rol as Zelda Joubert in die telenovela Diepe Waters na 'n benoeming verlede jaar en 'n tweede een vanjaar. Sy gesels met…
26 Aug 1PM 10 min

Druk Dit! Juandré de Jager oor die krag agter die dokumentêr.

Juandré de Jager, regisseur en vervaardiger van die dokumentêr "Druk Dit!", praat met ons oor haar nuwe dokumenter wat vanjaar by die Silverskermfees vertoon. Die dokie volg Terence Opperman bedags 'n werker by 'n steenkoolmyn in Witbank, snags "The Highlander" op die armdruktafel. Dit is 'n storie oor oorwinning en…
19 Aug 1PM 8 min