
Gilgo Beach-moordenaar lewenslank agter tralies
Loading player...
Die Amerikaanse man wat skuldig gepleit het op die sogenaamde Gilgo Beach-moorde, is tot lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool gevonnis. Die 62-jarige Rex Heuermann het erken dat hy oor byna twee dekades agt vroue op New York se Long Island vermoor het. Baie van die slagoffers se ledemate is verwyder en hulle is in afgeleë velde en vleie langs Ocean Parkway naby Gilgo Beach op Long Island se suidelike kus gelaat. Regter Timothy Mazzei het Heuermann ʼn lafaard genoem:

