
Rundu-sokkerklub palm vastelandwye erkenning in
Loading player...
Die Rundu-gebaseerde Julinho Athletic Football Club het vastelandwye erkenning verwerf nadat hy as een van slegs twee wenklubs in Fifa se finale Essential Courses in Club Management – African Edition aangewys is. Mede-eienaar Norton Luis het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die klub se projek, 'Die bou van 'n volhoubare sokkerontwikkelingsmodel in Namibië', is vereer vir sy strategiese visie, praktiese bruikbaarheid en potensiaal om klubbestuur in die land te versterk.

