
DBV se Quiz Night vanaand
Loading player...
Die Windhoek Old Wheelers Club sal vanaand die Windhoek Dierebeskermingsvereniging se Quiz Night-fondsinsameling aanbied, met alle opbrengste wat gaan na geredde diere. Die DBV se direkteur van bedrywighede, Sylvia Breitenstein, sê daar is steeds plekke beskikbaar vir spanne en individuele deelnemers wat gretig is om 'n aand van pret, vriendelike kompetisie en fondsinsameling vir 'n goeie doel te geniet.

