VN vra vir hulpkorridor deur Hormuz

Loading player...
Die Verenigde Nasies sê daar is ’n dringende behoefte om 'n hulpkorridor te open om deur die geblokkeerde Straat van Hormuz te beweeg en 'n wêreldwye hongerkrisis te voorkom. Dit volg nadat die VSA en Iran ooreengekom het om die Straat, wat ongeveer 20-persent van die wêreld se olie en vloeibare natuurlike gas vervoer, te heropen. Die VN se hoof van menseregte, Volker Türk, sê die afgelope maande het getoon dat die geskille in die Midde-Ooste nie deur militêre optrede opgelos kan word nie:
17 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Veldbrande: Grondeienaars moet voorberei

Nes plaaslik is brande ook 'n risiko in Suid-Afrika. AfriForum sê grondeienaars, boere en gemeenskappe moet voorberei vir 'n moontlike strawwe winterveldbrandseisoen. Die waarskuwing volg na 'n vooruitsig deur die nasionale rampbestuursentrum wat 'n hoë brandrisiko in dele van Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng, Limpopo en Noordwes toon as gevolg…
19 Jun 4AM 1 min

Ackerman gesels oor vanaand se kragmeting teen Leinster

Die Bulle speel vanaand in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster in Dublin, Ierland. Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackerman, het uit Ierland met die Vereniging van Uitsaai Veterane gepraat, wat dit met Kosmos 94.1 Nuus gedeel het.
19 Jun 4AM 1 min

Registreer om te stem - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê daadwerklike burgerlike deelname is noodsaaklik om demokrasie te versterk. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die Mylpale van Vryheid-veldtog by die Uniegebou in Tshwane. Ramaphosa het Suid-Afrikaners aangespoor om 'n aktiewe rol in die openbare lewe te speel deur te stem, by gemeenskapsinisiatiewe aan te…
19 Jun 3AM 1 min

Obama bepleit eenheid by opening van sy sentrum

Voormalige Amerikaanse presidente, afgetrede politici en bekendes het die opening van die Barack Obama Presidensiële Sentrum in Chicago bygewoon. Die sentrum is ontwikkel om ʼn lewende viering van gemeenskap en die belangrikheid van demokrasie te wees. Oudpresident George W Bush, Bill Clinton, en Joe Biden was teenwoordig, asook Oprah Winfrey,…
19 Jun 3AM 1 min

Kommunikasiesektor groei sterk

Namibië se kommunikasiesektor toon sterk tekens van groei en veerkragtigheid. Nuwe syfers wat deur die Kommunikasie-reguleringsowerheid vrygestel is, toon toenemende breëbandkonnektiwiteit, verhoogde infrastruktuurbelegging, sterker kuberveiligheidsprestasie en wyer toegang tot kommunikasiedienste reg oor die land. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano:
19 Jun 2AM 1 min